top of page

Letters from Patients

Na die eerste fase Interstim was daar ‘n groot verandering.  Urinering en stoelgang was gemonitor vir 14dae en redelike veranderings is waargeneem.  Baie minder sanitere doekies en uitskeidings was gekontroleerd.  Was selfs Pretoria toe met ‘n vliegtuig tussen 14 jan en 29 jan.  Slegs uiterse hitte, baie water gedrink en verkeerde eet by ‘n huwelikseremonie was die oorsaak van ‘n ligte diaree.  Na die 1ste fase was uitskeidings weer gemonitor.  Groot verbetering.  Baie minder doekies (van 14 na 1 in 24uur) stimulasie was goed, absoluut ‘n verbeterde leefwyse.  Selfbeeld het verbeter, geen “ebarrassment”, angs en slegte reuke.  Geen onverwagse ongelukke en nat klere nie, of ongelukke in die bed.

SIEN UIT NA MY NUWE LEWE MET DIE INTERSTIM !!!

                                                                          .................................................................................

Aanvanklik was ek benoud, ek het gewonder of dit regtig sou werk en of dit die moeite werd was om dit te doen, want dit is nooit op mense met MS getoets nie.

Ek het die inligting op die internet bestudeer, die dokumente gelees wat aan my gegee is en met iemand wat MS het en dit laat doen het gepraat.

My besluit was egter nie eintlik op een van die bogenoemde gegrond nie, maar wel op die feit dat ek gedink het, ek het nie eintlik iets om te verloor nie.  Ek is in die bevoorregte posisie om ‘n mediese fonds te he en die operasie is goedgekeur.

Vir ongeveer die afgelope vier jaar het ek nog nie een enkele nag deurgeslaap nie.  Sedert Interstim is dit ‘n baie meer gereelde gebeurtenis !

                                                                          .................................................................................

Patient Resources //

bottom of page